Dit is weer tyd vir ons eerste ledevergadering van die jaar. Die bestuur het besluit om die jaar met ‘n lekker ken mekaar geleentheid vir ons lede rondom ‘n skaapspit te skep, waar lede net lekker kan saamkuier en mekaar beter leer ken. Ons wil u dan ook aanmoedig om u vriende en ook
voornemende nuwe lede saam te nooi na die informele geleentheid.
Die vergadering vind plaas op Dinsdag 21 Februarie 2012 by die OLOK saal. Let asseblief dat die datum verskuif het vanaf 14 Februarie 2012 soos aanvanklik geadverteer, na 21 Februarie 2012. Die tyd is 18:00 vir 18:30. Ons wil almal dringend versoek om betyds te bespreek, ter wille van die
vleis wat voorberei moet word vir die spit. Moenie die aand misloop nie en bring gerus vriende en kollegas saam!
Kaartjies beloop R80-00 per persoon vir lede en R100-00 per persoon vir nie-lede en sluit die heerlike ete in. 'n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.