2020 Boekpryse

Malmesbury Sakekamer het by elke hoërskool op die dorp boekpryse oorhandig aan die graad 11-toppresteerders in Besigheidstudies. 

Die boek, 90 Rules for Entrepreneurs, is by Hoërskool Swartland oorhandig aan Lehandie Pool.

By Illengu Lethu Secondary School is die boek oorhandig aan die top graad 11-leerder in Besigheidstudies, Sonalo Mdeni. Hier is sy by haar skoolhoof, mnr Gibson en vakonderwyser. Links van Sonalo staan Sakekamerlede Johann Nothnagel en Kobus Rossouw. Foto krediet: Swartland Joernaal

Mark Jackson by Schoonspruit Sekondêr is die toppresteerder in Besigheidstudies (graad 11). Hier ontvang hy sy boekprys by Kobus Rossouw en Janine Adonis (Sakekamer), met regs van Mark skoolhoof John Stewe en Johann Nothnagel (Sakekamer). Foto krediet: Swartland Joernaal

By Wesbank Sekondêr is Chloë Cordom die ontvanger van hierdie boek, 90 Rulesfor Entrepreneurs. Op die foto van links is Nicole Siebritz (Besigheidstudie-leerkrag), Janine Adonis (Sakekamer), Chloë Cordom, skoolhoof Vincent Paramore en Sakekamerlede Johann Nothnagel en Kobus Rossouw.