2020 Malmesbury Sakekamer Diensverskaffer van die jaar

Die Malmesbury Sakekamer het Donderdagaand, 26 November 2020, geskiedenis gemaak toe die heel eerste "online" Diensverskaffer van die Jaar geleentheid aangebied is. Weens Covid'19 veiligheidstandaarde kon net 'n beperkte getal mense die prysoorhandigingsgeleentheid fisies bywoon. Daar was wel 'n groot getal online-kykers wat die geleentheid gevolg het.

Oor die afgelope twee maande kon die algemene publiek deur verskeie sosiale mediaplatvorms hulle keuses van die beste diensverskaffers van 2020 nomineer en ook daarna vir hulle stem. 

Daar was vanjaar ongekende belangstelling in die proses en die hoeveelheid stemme en nominasies het meer as verdubbel teenoor vorige jare. 

Besighede is verkies in die gewone 3 kategoriee, nl. groot, medium en klein. Daar is egter vanjaar weer 'n kategorie vir individueë gewees waarin individueë wat besondere diens verskaf het genomineer en verkies is.

  • Die wenners in die kategoriee was as volg:
    • Groot besighede:
      • 1ste - Malmesbury Superspar
      • 2de - AR24
      • 3de - Sabino Canyon Spur
    • Medium besighede:
      • 1ste - Malmesbury Kwekery
      • 2de - Le Minnie Attorneys
      • 3de - Henk's Vleismark / Kekkel & Kraai
    • Klein besighede:
      • 1ste - Bergzicht Dierekliniek
      • 2de - Beyond Beaute
      • 3de - Malmesbury Guest House
    • Individueë
      • 1ste - Dr Sanel Lourens
      • 2de - Mare Nel
      • 3de Julian Naicker