Malmesbury Sakekamer het die jaarlikse diensverskaffer van die jaar kompetisie geloods waar inwoners stem vir hul gunsteling diensverskaffers, asook dié besigheidspersoon wat gereeld die ekstra myl vir hul kliënte stap. Finaliste is bekend gemaak op Instagram & Facebook. Pryswenners in verskillende kategorieë (groot, medium en klein besighede) word aangewys tydens die Sakekamer se gewilde gala-dinee op 27 November.