#MalmesburySakekamer is opgewonde om twee opwindende kompetisies te loots, wat deel vorm van ons #OndersteunPlaaslik projekte!
Ons nooi alle leerders van graad 1 tot 12 om deel te neem!
[ 10 skole in #MalmesburyCK ]
KOMPETISIE 1
Om in te skryf, kan leerders op die SKOLEKOMPETISIE-skakel kliek Kliek Hier om aanlyn in te skryf.
Die vrae om te beantwoord:
1. Wat maak ons dorp uniek?
2. Wat kan ek doen om plaaslike besighede te ondersteun?
’n Wenner sal vir elk van die vrae geïdentifiseer word. Die wen-antwoorde sal as ’n slagspreuk gebruik word vir ons sosialemedia-veldtog en op advertensieborde in die dorp vertoon word. Elke wenner en sy/haar skool sal boonop met die volgende pryse beloon word:
Vir die wenners:
• ’n R1 000,00-kontantprys
• ’n R500,00-geskenkbewys van Café Myrtledene vir pizzas en melkskommels
Vir die wenskole:
• ’n R5 000,00-kontantprys
• lidmaatskap by die Malmesbury Sakekamer – geldig vir ’n jaar
• ’n R500,00-geskenkbewys van Malmesbury Kwekery
KOMPETISIE 2
Daar is ook ’n selfie-kompetisie:
Opwindende pryse sal gegee word aan leerders wat Malmesbury Sakekamer se sosialemediabladsye (Facebook of Instagram) besoek en foto’s van hulleself deel terwyl hulle plaaslike ondernemings ondersteun. Hierdie pryse sal toegeken word op grond van die hoeveelheid “likes” wat die foto’s kry.
Onthou om #MalmesburySakekamer te “TAG”!
Die sluitingsdatum is 23 September 2021.
Ons bedank graag die volgende borge wat hierdie kompetisie moontlik gemaak het: Malmesbury Guesthouse • Prima Groep • Rossouw & Du Plessis Attorneys • Malmesbury Sakekamer • Maths 4 Africa Studiegidse Margaret Rossouw Wiskunde • Mr. M. Pillay • Malmesbury Kwekery / Nursery • RSAM Insurance Brokers / Versekering Makelaars • Café Myrtledene • Nuweplaas Padstal • JAR Transport • Bulldog Spares • MC Books & Tax
#MalmesburyCK #MalmesburyBusinessChamber #KoopPlaaslik #SupportLocal