Safari-ete 19 Mei 2022: Tema – A Splash of Gatsby
Dink net – ‘n skemerkelkie, jou voorgereg, hoofgereg en poeding – elk op ‘n ander venue binne Malmesbury-dorp.
Almal vergader op 19 Mei om 18:00 by die Gholfklubhuis, vanwaar bussies jou kuier-kuier vervoer en rondom 22:00 weer by jou motor besorg.
Spring gerus om jou kaartjie @R250 te koop.
Kontak info@sakekamer.co.za of die vriendelike dames van Salon de Bron vir kaartjies en bespreking.
- Pryse vir besgeklede persone volgens die Gatsby-tema!
- Kom beleef jou dorp se gasvryheid en bring jou vriende saam!