Byeenkoms 22 Julie 2014

Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag 22 Julie 2014 by die OLOK Saal

Die spreker vir die aand, is Mnr Anthony Corin van die Slimsun Solar Plaas  tussen Malmesbury en Darling, wat met ons kom praat oor hernieubare energie en die konsep van sonkrag. Ons leef in ‘n era, waar energiebronne al hoe skaarser en duurder word en ons elke dag in ons besighede ook die effek van die koste van elektrisiteit op ons finansies sien en voel. Ons wil dus almal uitnooi, om van die geleentheid gebruik te maak, en die baie interessante aand by te woon.

Die tyd is 19:00  vir 19.30 nm. Moenie die aand misloop nie en bring gerus u vriende & kollegas saam.

Kaartjies beloop R100-00 per persoon vir lede en R140-00 per persoon vir nie-lede en sluit ‘n ligte ete in. 

 

RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 18 Julie 2014 om 15H45 by

Annebelle van der Merwe, Bester en Vennote, tel. (022) 4821060.