Malmesbury Sakekamer

Saam Skep Ons Welvaart

Sakekamer Bestuur

Die Malmesbury Sakekamer, met die doel om besighede in die dorp se belange op die hart te dra, besef sedert die inperkingstydperk hoe belangrik dit vir sakemanne is om saam te staan om die gevolge van die pandemie die hoof te bied.

“Die Sakekamer sien hom nog altyd as ‘n netwerkgeleentheid vir lede; as ‘n belangrike instrument om relevante inligting deur te gee en om verantwoordelike besluite te neem, want hierdie besluite raak die hele dorp,” glo die voorsitter Johann Nothnagel. “Ons dien ook as ‘n drukgroep om namens besighede in Malmesbury se belange op te tree.

“Ons wil alle sakemanne aanmoedig om by die sakekamer in sy nuwe, meer verteenwoordigende gedaante aan te sluit. Ons eerste fokusse val op sekuriteit, goeie sprekers en ‘n Ondersteun Plaaslik-projek.

“In ons Ondersteun Plaaslik-projek moedig ons mense aan om hul aankope plaaslik te doen; om eers brandstof in te gooi voor hul uit die dorp uitry. As almal saamstaan, kán ons die verliese wat weens inperkings veroorsaak is, verlig. Ledegeld bly dieselfde as voorheen.”

Wat Bied Malmesbury Sakekamer

Die Malmesbury Sakekamer bied aan sy lede die volgende:

  • ‘n Spreekbuis na die plaaslike owerheid
  • ‘n Spreekbuis na die AHI en deur middel van die AHI, ‘n spreekbuis na die regering
  • Geleenthede om te netwerk met mede sakelui van Malmesbury en omgewing
  • Jaarliks die nuutste insake die nasionale begroting en wat dit vir die man in die straat inhou
  • ‘n Wye reeks van professionele sprekers rakende aangeleenthede wat elke sakeman se besigheid raak, direk of indirek
  • Geleenthede vir sakelui om hul besighede bekend te stel aan medesakelui
  • Geleenthede, deur middel van affiliasie met die AHI, om hulp te kry rakende arbeidsaangeleenthede
  • ‘n Geleentheid waar die sakeman en eggenoot ‘n funksie saam kan bywoon en skouers skuur met mede sakelui
  • Gereeld inligting ontvang rakende die AHI se samesprekings op regeringsvlak
  • Gereeld kompetisies wat aangebied word om te help om die dorp se beeld en diens te verbeter
  • ‘n Kans om aangewys te word as Diensverskaffer van die Jaar
  • Deur middel van jou lidmaatskap aan Malmesbury Sakekamer, ‘n kans te staan om genomineer te word vir die Onderneming van die Jaar, ‘n nasionale kompetisie

Wat Bied Malmesbury Sakekamer

Byeen

Om sakelui, ongeag kleur, ras of geslag in die gebied van Malmesbury byeen te bring.

Onderrig

Om deur voorligting, bedryfsinligting en onderrig, diens aan sy lede te lewer ten einde hul beter toe te rus.

Lesings

Om lesings en besprekings te reël oor enige onderwerp wat die sakewêreld raak, besprekingspunte voor te lê en toe te lig by enige kongres van die AHI.

Inligting

Om relevante inligting wat die sakewêreld raak te ontvang, te verwerk en onder sy lede te versprei deur middel van 'n nuusbrief of enige ander werkswyse.

Skakeling

Om nouer skakeling te bewerkstellig tussen owerhede, werkgewers en werknemers deur middel van konsultasie, gesprekvoering en skriftelike voorleggings waar nodig.

Funksies

Om funksies te reël en fondse te genereer ter bevordering van die doelstellings van die sakekamer.